‘n Skuiling vir swanger vroue ter waarde van N$1, 1 miljoen is by die staatshospitaal op Usakos geopen in ‘n poging om sterftes onder verwagtende vroue in die streek te voorkom. Die skuiling is moontlik gemaak danksy samewerking tussen die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) en die Namibiese Hawe-owerheid Namport.
Die skuiling sal swanger vroue huisves wat lang afstande na die naaste hospitaal moet aflê voordat hulle geboorte skenk.
Die skuiling bestaan uit twee aparte slaapkamers wat tien beddens huisves, twee toilette en storte, ‘n kombuis en ‘n sitkamer.
Planne om ‘n soortgelyke skuiling by die staatshospitaal op Omuraru op te rig, is onderweg. - Nampa
SOURCE - Republikein
https://www.republikein.com.na/nuus/skuiling-vir-swanger-vroue-op-usakos-geopen2019-03-15/