Sarah gee brandstofberging in die hawe ’n hupstoot

11 Jun 2020
Foto: Verskaf

 

Engen Namibia het die kapasiteit vir die berging van diesel in die hawe van Walvisbaai verhoog deur die eksklusiewe regte vir ’n bergingsvaartuig te bekom.
Die vaartuig, Barge MT Sarah, sal dit moontlik maak om diesel en ondersteuningsdienste na oliebore en verbyvarende vaartuie te neem wat aflanding op anker lê.
Dié maatskappy se besturende direkteur, mnr. Christian Li, sê Engen Namibia steun Namport se visie om meer vrag deur die hawe van Walvisbaai te verskeep en die Walvisbaai-Korridor as ’n natuurlike deurgangsroete vir internasionale handel te vestig.
Hy sê die dienste van die MT Barge Sarah is ’n eerste vir Namibië en ’n welkome toevoeging tot die brandstofbergingsoperasies in die hawe. Dit maak dit moontlik om op 'n ander wyse as deur pypleidings en tenkerlorries brandstof aan skepe te lewer en verlig die druk op die verkeer hawe omdat die Sarah diesel na aflandige vaartuie kan neem.
“Die bergingsvaartuig sal aanlanding sowel as aflandig vir Namibië buigsame, betroubare en doeltreffende brandstofvoorsieningsopsies bied,” sê Li.
Die vaartuig is 77,4 m lank, 10.6 m breed, en kan 200 kubieke meter diesel per uur pomp.


 

SOURCE: Republikein

https://www.republikein.com.na/nuus/sarah-gee-brandstofberging-in-die-hawe-n-hupstoot2020-06-11/

MWT

  ...
Learn more

WBCG

  ...
Learn more

MoF

  ...
Learn more

Weather

booked.net